Ons Produkte

Die beskuit word gebak volgens oorspronklike Suid-Afrikaanse resepte. Beskuit kan lank hou as dit bewaar word in ’n lugdigte houer. Verkieslik in ’n mooi `beskuitblik`. Deur dit in koffie of tee te doop, is dit makliker om te byt. Beskuit het ‘n lang raklewe as dit in ‘n lugdigte houer gehou word. Verkieslik in ‘n oorspronklike ‘beskuitblik’.

Die beskuit is beskikbaar in pakkies van 24 (± 700g). Daar is verskillende soorte beskuit beskikbaar:

  • Karringmelk-beskuit (Bestanddele: Meelblom, klapper, rysmiddel, sout , karringmelk, plantaardige vet, suiker, eiers.)
  • Muesli-beskuit (Bestanddele: Meelblom, rysmiddel, sout , karringmelk, plantaardige vet, suiker, eiers, korente, sonnebloemsaad, hawer, semels.)
  • Bran-beskuit (Bestanddele: Meelblom, all bran cereal (gars, semels) rysmiddel, sout, karringmelk, plantaardige vet en olie, suiker, eiers.)
  • Hawer- en lynsaadbeskuit (Bestandele: Volkorenmeel, hawermout, hawermoutsemels,klapper, lynsaad, rysmiddel, sout, karringmelk, plantaardigevet, suiker en eiers. )

Het jy jou eie resep of spesifieke wense? Ek bak jou gunsteling beskuit graag! Kontak my.

Wie is die bakker van Beskuitblik?

My naam is Brenda Smit en ek is ’n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Ek en my gesin het in 1998 sak en pak Nederland toe getrek. Bak en brou in die kombuis was nog altyd vir my meer as net kos op die tafel sit en my gesin en vriende se liefde vir beskuit het my meer en meer laat bak.

Die liefde vir beskuit is al lank in die familie. My oupa was die predikant wat een van die susters van sy gemeente in Molteno, in die Oos-Kaap, aangemoedig het om haar beskuitresep in te skryf vir ’n kompetisie. Sy het hierdie kompetisie gewen en tot vandag toe word haar beroemde beskuit nog in Suid-Afrika verkoop.

Ek gebruik beproefde resepte van my ma en skoonma. My skoonma het ook jarelank beskuit aan tuisnywerhede verskaf. Gelukkig het sy haar geheime om lekker beskuit op grootmaat te bak, met my gedeel.

Die Beskuitblik verhaal

So lank as wat ek kan onthou het ons die Beskuitblik met die rooi rose op in ons huis gehad. Die Beskuitblik het vir my ‘n dubbele sentimentele waarde. My Pa, wat ’n kranige tuinier was, was dol op rose en my ma het gesorg dat die Beskuitblikaltijd vol was.

Een van die min kere wat ons saam met Kersfees was, het ek elk van my drie susters ‘n voorskoot gegee met ‘n foto van die Beskuitblik Hierdie foto het my die idee gegee om dit as ‘n logo en naam te gebruik.

Nuuskierig oor die ontstaan ​​en die geskiedenis van beskuit? Lees dan die storie hier.

(0)